Om 'n parkeerterrein te vind, doen die volgende:
Die kaart maak oop en wys die liggings van parkeerterreine.
As 'n roete beplan is, wys die kaart parkeerterreine naby jou bestemming. As 'n roete nie beplan is nie, wys die kaart parkeerterreine naby jou huidige ligging.
Jy kan die skerm verander om 'n lys parkeerterreine te wys deur hierdie knoppie te druk:
Jy kan 'n parkeerterrein uit die lys kies sodat jy dit op die kaart kan opspoor.
Wenk: Jy kan deur die lys rol deur die rol-balk regs op die skerm te gebruik.
As jy die manier waarop die soektog gedoen word, wil verander, kies die knoppie regs van die soekkassie. Jy kan dan verander waar die soektog uitgevoer moet word, soos 'n soektog naby jou of deur die kaart in geheel.
'n Opwipkieslys maak op die kaart oop wat die naam van die parkeerterrein wys.
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: Jy kan via die opwipkieslys 'n parkeerterrein as 'n stilhouplek by jou roete voeg.