Aansig

Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms.

Temakleur

Kies Temakleur om die aksentkleur te verander wat vir kieslyste, knoppies en ikone gebruik word.

Helderheid

Kies helderheid om die volgende instellings te verander:

Kies Skakel oor na nagkleure as dit donker is om outomaties na nagkleure te verander wanneer dit donker word.

Grootte van teks en knoppies

Kies Grootte van teks en knoppies om die grootte te verander van die teks en die knoppies wat jy op die skerm sien.

Let wel: Hierdie funksie is slegs beskikbaar op toestelle met 'n skerm van 6 duim / 15 cm of groter.

Sleep die skuiwer om die teks- en knoppiegrootte na klein, medium of groot te verander en kies dan Pas hierdie verandering toe. Jou Bridge herbegin en die verandering word toegepas.