TomTom Traffic is 'n unieke TomTom-diens wat intydse verkeersinligting bied. Vir meer inligting oor TomTom-dienste, gaan na tomtom.com/services.
In kombinasie met IQ Routes, help TomTom Traffic jou om die optimale roete na jou bestemming te beplan deur die heersende plaaslike verkeerstoestande en die weer in ag te neem.
Jou navigasie-app ontvang gereeld inligting oor die veranderende verkeerstoestande. As verkeersknope of ander insidente op jou huidige roete gevind word, sal jou app voorstel dat jou roete herbeplan word in 'n poging om enige vertragings te vermy.
Die TomTom Bridge gebruik óf 'n permanente verbinding óf 'n slimfoonverbinding om met TomTom-dienste te verbind.
Belangrik: As jy jou slimfoon gebruik om buite die gebied wat deur jou selfoon se dataplan gedek word met TomTom-dienste te verbind, kan jy dalk addisionele rondreiskoste op die hals haal onderwyl jy TomTom-dienste gebruik.
Let wel: TomTom-dienste is nie in alle lande of streke beskikbaar nie, en nie alle dienste is in alle lande of streke beskikbaar nie. Vir meer inligting oor beskikbare dienste in elke streek, gaan na tomtom.com/services.