My roetes bied 'n maklike manier om gestoorde roetes met opsionele stilhouplekke te skep, wat soms 'n reisplan genoem word. Jy kan My roetes gebruik om roetes te stoor, terug te win en te redigeer.
Dit is raadsaam om My Roetes in een of meer van die volgende situasies te gebruik:
Wanneer jy werk - Jou werk behels dat jy op 'n daaglikse basis verskeie roetes met meervoudige stilhouplekke ry. Jou roetes kan verander en jy moet aanpasbaar wees sodat jy die volgorde van jou stilhouplekke of die beplande roete kan verander.
Wanneer jy op vakansie is - Jy gaan met vakansie en wil 'n roete beplan en stoor. Jou roete sluit panoramiese paaie, stilhouplekke by verskeie hotelle en ander plekke se besienswaardighede in.
Wanneer jy werk toe pendel - Jy wil een of twee gereelde stilhouplekke tussen die huis en die werk byvoeg. Jou roete terug huis toe in die aand is die omgekeerde van jou roete werk toe in die oggend.
Jy kan die roete wat jy op die kaart beplan het by jou My roetes-lys voeg deur dit te kies.