Genoot-simbole

Jou TomTom-toestel gebruik by verstek 'n blou hardloop-mannetjie om die ligging van genote in die kaartblaaier te wys.

Jy kan die manier waarop genote wys, in die kaartblaaier en in jou toestelkieslyste verander deur die simbool te verander wat vir elke genoot gebruik word. Jy kan verskillende simbole vir elk van jou bestaande genote hê. Jy kan hierdie simbool verander met HOME of jy kan jou eie hier skep: create.tomtom.com.

Wenk: Jou nuwe simbool vervang jou ou simbool, wat outomaties op jou rekenaar gerugsteun word.

Let wel: Hierdie funksie werk dalk nie op jou toestel nie. Maak seker jy gebruik die jongste weergawe van die TomTom-toepassing.

Voeg 'n genoot-simbool by

Maak seker dat jou toestel aan jou rekenaar gekoppel is, en doen dan die volgende:

1.Klik Voeg Verkeer, Stemme en ander dienste by in die HOME-hoofkieslys.
2.Klik Beelde en simbole.
3.Klik Genoot-simbole.

Jy kan dan kies uit beskikbare genoot-simbole in die aanlynwinkel en op jou rekenaar.

Wenk: Jy kan soek vir items (volgens naam of beskrywing) met die Soek-kassie bo-aan die bladsy. Om weer 'n volledige lys te sien, skrap die teks in die soekveld en klik Soek. Maak seker jy het Alles in die Aansig-lys gemerk.

Klik Meer info om 'n beskrywing van die genoot-simbool te kry waarin jy belangstel.

4.Klik Voeg by om 'n gratis genoot-simbool of 'n gedeelde genoot-simbool na jou toestel af te laai en te installeer.

Sodra jy die simbool afgelaai het, kan jy dit hernoem met die lêerlyser in die vellevouer op jou toestel.

Let wel: Die lêernaam vir 'n genoot moet dieselfde as die naam van die genoot op jou toestel wees, anders wys die simbool nie!

Let wel: Enige karakters benewens a-z, 0-9 en koppeltekens moet met onderstrepe ('_') vervang word. As jy byvoorbeeld 'n genoot het genaamd sannie@voorbeeld.com, moet dit hernoem word na altbuddy_sannie_voorbeeld_com.bmp.