Items op u rekenaar

Om enige van die items te herinstalleer wat vroeër na u rekenaar afgelaai is of van u toestel na die rekenaar gekopieer is, kan hulle dit so doen:

Maak seker dat u toestel aan u rekenaar gekoppel is, en doen dan die volgende:

1.Klik Voeg Verkeer, Stemme, Veiligheidskameras ens by in die HOME-hoofkieslys.
2.Klik Items op u rekenaar.

Alle items wat na u rekenaar afgelaai word, sal saam met hul groottes gelys word. Dit sluit roetes, stemme en QuickGPSfix-data in.

Die items word in groepe gewys. Klik die plus-teken om al die items in 'n groep te sien. Klik die minus-teken om net die naam van die groep te sien.

3.Om 'n item op u toestel te herinstalleer, klik Voeg by.
4.Klik Klaar om na die HOME-kieslys terug te keer.