Handvry-bellery

Jy kan inkomende oproepe ontvang en oproepe maak na kontakte in jou foon se kontaktelys en na jou onlangse kontakte. Wanneer jy jou foon met jou TomTom Rider verbind, word jou kontakte op jou Rider gewys.

Om handvry-oproepe te maak, moet jy eers jou kopfoon en jou foon verbind met jou Rider.

Beantwoord 'n inkomende oproep

Op die skerm, kies die groen knoppie om 'n oproep te beantwoord.

Wenk: Dit gaan 'n rukkie neem om al die kontakte op jou foon te sinchroniseer. Daarom sal jy dalk nie die inbeller se ID sien kort nadat jy hierdie instelling geaktiveer het nie.

Beëindig of wys 'n inkomende oproep van die hand

Op die skerm, kies die rooi knoppie om 'n oproep te beëindig of van die hand te wys.

Maak 'n handvry-oproep na 'n onlangse kontak

  1. In die Hoofkieslys kies Bel.

    'n Lys van jou onlangse kontakte word op jou Rider gewys.

  2. Kies 'n onlangse kontak uit die lys.

    Jou kontak en die foonnommer word op jou Rider gewys.

  3. Kies die telefoonknoppie om jou kontak te skakel.
  4. Kies die rooi knoppie om die oproep te beëindig.

Maak 'n handvry-oproep na 'n kontak

  1. In die Hoofkieslys, kies Bel.

    'n Lys van jou foonkontakte word op jou Rider gewys.

  2. Kies Tik hier om kontakte te soek bo-aan die lys van onlangse kontakte.

    Jou lys van kontakte word op jou Rider gewys.

  3. Kies 'n kontak uit die lys, of kies Tik kontak se naam in om 'n kontak te soek.

    Let wel: 'n Soektog vind slegs die eerste gedeelte van 'n woord of naam; byvoorbeeld "jonker" sal "jonkershoek" vind maar nie "strooijonker" nie.

    Jou kontak en die foonnommer word op jou Rider gewys.

  4. Kies die telefoonknoppie om jou kontak te skakel.
  5. Kies die rooi knoppie om die oproep te beëindig.