Verkeersknoop-waarskuwing

'n Waarskuwing word gegee wanneer jy 'n verkeersknoop nader. Jy word op verskeie maniere gewaarsku:

Hier's 'n voorbeeld van die simbool wat op die kaart gewys word

Simbool wys in roetebalk

Beskrywing

Verkeersknope - waarskuwings teen verkeersknope word in die roetebalk gegee.

Wanneer jy jou in 'n verkeersknoop bevind, word die afstand na die einde van die verkeersknoop in die roetebalk gewys. Die roetebalk zoem weer uit wanneer jy nie meer in die verkeersknoop is nie.

Om te verander hoe jy gewaarsku word, kies Klanke en waarskuwings in die Instellings-kieslys.