SPESIALE KENNISGEWING OOR BESTUUR IN KALIFORNIË EN MINNESOTA

Artikel 26708 van Kalifornië se voertuigkode, "Material Obstructing or Reducing Driver's View", bepaal dat 'n navigasietoestel as volg aan die voorruit gedok kan word: "A portable Global Positioning System (GPS), which may be mounted in a seven-inch square in the lower corner of the windshield farthest removed from the driver or in a five-inch square in the lower corner of the windshield nearest to the driver and outside of an airbag deployment zone, if the system is used only for door-to-door navigation while the motor vehicle is being operated." Bestuurders in Kalifornië moet nie 'n suierdokstuk op hul syvensters of agterruit gebruik nie.

Let wel: Hierdie artikel van die California Vehicle Code geld vir enige iemand wat in Kalifornië bestuur, en nie net vir inwoners van Kalifornië nie.

Artikel 169.71, subafdeling 1, afdeling 2 van Minnesota se State Legislature Statutes bepaal dat "A person shall not drive or operate with any objects suspended between the driver and the windshield other than sun visors and rearview mirrors and electronic toll collection devices."

Let wel: Hierdie Minnesota-statuut geld vir enige iemand wat in Minnesota bestuur, en nie net inwoners van Minnesota nie.

TomTom Inc. dra geen verantwoordelikheid vir boetes en strawwe wat opgelê of skade wat veroorsaak word as hierdie kennisgewing verontagsaam word nie. As jy in enige staat met beperkings op die gebruik van hegstukke aan voorruite bestuur, beveel TomTom aan dat jy die voorsiene plakskyf of sy alternatiewe monteerstel gebruik wat verskeie opsies bied om die TomTom-toestel aan die instrumentpaneel en die ontlugters te heg. Kyk tomtom.com vir meer inligting oor hierdie monteeropsies.