Beplan 'n roete via koördinate

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om 'n roete via 'n stel koördinate te beplan, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Soek.

    Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.

  3. Besluit op die tipe soektog deur 'n knoppie regs van die soekkassie te kies.

  4. Kies Breedtegraad Lengtegraad.

    Die sleutelbord verander na 'n spesiale sleutelbord wat dit moontlik maak om koördinate in te voer.

  5. Tik jou stel koördinate in. Jy kan enige van hierdie koördinaattipes invoer:

    Let wel: Die balk onder die koördinate word rooi as jy koördinate ingetik het wat nie deur jou GO erken word nie.

  6. Terwyl jy die koördinate intik, word voorstelle gewys op grond van wat jy ingevoer het. Jy kan aanhou tik of 'n voorstel kies.

    Dorpe of paaie word aan die linkerkant gewys; PVB's word aan die regterkant gewys.

    Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of vee oor die lys resultate om daardeur te rol.

    WenkJy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:

  7. Kies 'n voorgestelde bestemming.
  8. Kies Ry.

    Jou navigasietoestel beplan 'n roete en begin dan om jou na jou bestemming te lei. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.

    Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.