Belangrik: In die belang van veiligheid, en om nie jou aandag af te trek terwyl jy bestuur nie, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Let wel: Dit is nie moontlik om 'n roete met behulp van jou stem vir alle kaarte in alle lande of in alle tale te beplan nie.
Om via stem 'n roete na 'n adres te beplan, doen die volgende:
Wenk: Die knoppie in die hoofkieslys van jou toestel wys óf Navigeer na óf Ry na. Wanneer jy 'n roete na 'n adres beplan deur spraak te gebruik, sê 'Navigeer na adres' as die knoppie Navigeer na wys of 'Ry na adres' as die knoppie Ry na wys.
Jou toestel wys 'n lys van dorpe wat dieselfde behoort te klink as wat jy gesê het en sê aan jou watter dorp boaan die lys is.
As die dorp wat jy hoor dieselfde is as die dorp waarvoor jy gevra het, sê "Klaar" of "OK" of "Ja" of "Een" of tik die dorp boaan die lys.
As jy dorp wat jy hoor, verkeerd is maar die korrekte dorp is wel in die lys, sê die nommer langs die korrekte dorp of tik op die naam van die dorp.
Byvoorbeeld, as die korrekte stad Rotterdam is en hierdie dorp word as die derde item in die lys vertoon, sê "Drie" of tik op die naam, Rotterdam.
As die naam nie in die lys is nie, sê dan "Terug" of "Nee" of tik Terug om terug te gaan na die vorige skerm en sê weer die dorp se naam wanneer jy die toon hoor.
Jou toestel wys 'n lys van straatname wat dieselfde behoort te klink as wat jy gesê het en sê aan jou watter straatnaam boaan die lys is.
As die straatnaam wat jy hoor dieselfde is as die straatnaam waarvoor jy gevra het, sê "Klaar" of "OK" of "Ja" of "Een" of tik op die straatnaam boaan die lys.
Wenk: Sommige liggings het dalk dieselfde naam, soos 'n pad wat deur veelvoudige poskodes loop. Wanneer dit gebeur, moet jy na die skerm kyk en op die regte ligging tik.
As die straatnaam wat jy hoor, verkeerd is maar die korrekte straatnaam is wel in die lys, sê die nommer langs die korrekte straatnaam of tik op die straatnaam in die lys.
As die straatnaam nie in die lys is nie, sê "Terug" of "Nee" of tik Terug om terug te gaan na die vorige skerm en sê dan weer die straatnaam wanneer jy die toon hoor.
Belangrik: Nommers moet in dieselfde taal gesê word as wat vir die knoppies en kieslyste op jou toestel gebruik word.
Nommers moet op dieselfde manier uitgespreek word as wat mens normaalweg 'n nommer sê, in een aaneenlopende sin. Dus word 357 uitgespreek as, "Driehonderd-sewe-en-vyftig".
As die nommer korrek vertoon word, sê dan "Klaar" of "OK" of tik die sleutelbord om die nommer in te voer.
As die nommer verkeerd vertoon word, sê dan "Terug" of "Nee" of gebruik terugspasieer en herhaal die nommer.
Wenk: As jy "Terug" sê wanneer daar geen nommers op die skerm is nie, sal jou toestel teruggaan na die vorige skerm.
Wanneer die nommer korrek vertoon word, sê "Klaar" of "OK". As 'n alternatief, voer die nommer in deur die skerm te tik.
Jou toestel begin dan om jou via gesproke instruksies en aanwysings op die skerm na jou bestemming te begelei.